Searles Village
Restaurant

December 2023 Live Music
Eloff Live in Groot Brakrivier

Eloff is die naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat
blitsvinnig bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit
‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op
pad is na Goue Status. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die
Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distiller.
Sy nuutste enkelsnit 'Vlerke', en "Koue Kole', hang klaar in almal se ore en is klaar `n gunsteling by elke braai of kuier.
Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die-
kies lirieke en onploffende energie word nou geniet by elke goeie partytjie.
As daar een optrede is wat jy hierdie seisoen nie kan mis nie, is dit die een.
Eloff tree hierdie fees seisoen slegs by Searles Village in Groot Brakrivier op, wat dit een besonderse optrede maak.
Searles Village gaan die hele parkeerterrein met `n rek tent oortrek wat `n ongelooflike atmosfeer gaan skep.
Die venue is kinder vriendelik met `n speel plek buite vir die klein voete.
Daar is 2 kroë by die venue om te help met die Hittegolf wat Eloff saambring, en heurlike kos om die holtes te vul.
Die hekke sal die 26ste al van 10 uur die oggend oop wees vir die wat al wil opwarm. Daar is optredes reg deur die middag om die gees aan die gang te kry wat opbou tot die hoof optrede deur Eloff half 9 die aand as die son ons groet.
Die program is soos volg:
10am - Gates open
1pm - 3pm - Live Music
3:30pm - 5:30pm - Live Music
6pm - 8pm - Pre show by G&T
8:30 - Main show by Eloff
Kry jou kaartjies vandag nog :